Hongaarse Rewolusie van 1956

Hongaarse Rewolusie van 1956
Deel van die Koue Oorlog

Die Hongaarse vlag met die Kommunistiese wapen (1949–56) uitgesny was 'n revolusionêre simbool.
Datum 23 Junie 195611 November 1956
23 Oktober 1956 (hoof fase)
Ligging Hongarye
Resultaat Sowjetse oorwinning;

Revolusie onderdruk

Gebieds-
veranderinge
Opstand teen Stalinistiese regering
Strydende partye
 Sowjetunie

 Hongarye

 Hongaarse revolusionêre
Aanvoerders
 Nikita Chroesjtsjof

 Joeri Andropof
 Ivan Konev
 Ivan Serov
 Georgi Zjoekof
 Kuzma Grebennik
 Gennady Obaturof
 Vasily Sokolovsky
 Petr Lashchenko
 Ernő Gerő
 András Hegedüs
 László Piros
 István Bata
 János Kádár
 Ferenc Münnich
 Antal Apró

 Imre Nagy

 Pál Maléter (Krygsgevangene)
 Miklós Gimes
 Géza Losonczy
 Zoltán Tildy
 Béla Kovács
 József Dudás
 József Szilágyi
 János Szabó
 László Kovács
 Attila Szigethy
 Sándor Kopácsi (Krygsgevangene)
 Béla Király
 Gergely Pongrátz
 Verskeie ander rebelleleiers

Sterkte
31 550 troepe
1 130 tenks
Onbekend
Ongevalle en verliese
722 gesneuwel
1 540 verwond[1]
2 500–3 000 gesneuweldes
13 000 verwond[2]
3 000 siviele sterftes[3]

Die Hongaarse Rewolusie van 1956 (ook die Hongaarse Opstand, 23 Oktober – 10 November 1956; Hongaars: 1956-os forradalom), was 'n landswye rewolusie teen die Stalinistiese regering van die Hongaarse Volksrepubliek (1949–1989) en die Hongaarse binnelandse beleid wat voorgeskryf is deur die Sowjetunie. Die opstand was aanvanklik anargisties van aard, maar het uiteindelik die eerste groot nasionalistiese uitdaging van die Sowjetunie se beheer oor Hongarye geword, sedert die Rooi Leër die Nazi-besetting van Hongarye aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Mei 1945 beëindig het.[4]

Die Hongaarse Rewolusie het op 23 Oktober 1956 in Boedapest begin toe universiteitstudente 'n beroep op die burgerlike bevolking gedoen het om by hulle aan te sluit by die Hongaarse Parlementsgebou om te protesteer teen die USSR se geopolitieke oorheersing van Hongarye deur die Stalinistiese regering van Mátyás Rákosi. 'n Afvaardiging van studente het die gebou van die Hongaarse Radio binnegegaan om hul sestien eise vir politieke en ekonomiese hervormings vir die burgerlike samelewing van Hongarye uit te saai, maar is deur veiligheidswagte aangehou. Terwyl die studentebetogers buite die radiogebou die vrylating van hul afvaardiging studente geëis het, het polisiemanne van die ÁVH (Államvédelmi Hatóság), die staatsbeskermingsowerheid, verskeie betogers doodgeskiet.[5]

Gevolglik het Hongare in rewolusionêre milisies georganiseer om die ÁVH te beveg; plaaslike Hongaarse Kommunistiese leiers en ÁVH-polisiemanne is gevang en summier vermoor of gelynch; en anti-kommunistiese politieke gevangenes is vrygelaat en bewapen. Om hul politieke, ekonomiese en sosiale eise te verwesenlik, het die plaaslike Sowjets (werkersrade) beheer oor die munisipale regering van die Hongaarse Werkers Volksparty (Magyar Dolgozók Pártja) oorgeneem. Die nuwe regering van Imre Nagy het die ÁVH ontbind, die Hongaarse onttrekking aan die Warskouverdrag verklaar en onderneem om vrye verkiesings in te stel. Teen die einde van Oktober het die intense gevegte bedaar, maar sommige werkers het voortgegaan om die Stalinistiese regime en die verskyning van opportunistiese bourgeois-politieke partye te beveg.[6]

Hoewel die USSR aanvanklik bereid was om die onttrekking van die Rooi Leër uit Hongarye te onderhandel, het die USSR die Hongaarse Rewolusie vanaf 4 November 1956 begin onderdruk en tot 10 November teen die Hongaarse rewolusionêre geveg. Die onderdrukking van die Hongaarse opstand het 2, 500 Hongare, en 700 soldate van die Rooi Leër se lewens geëis en 200 000 Hongare gedwing om na die buiteland te vlug.[7]

  1. Györkei, J.; Kirov, A.; Horvath, M. (1999). Soviet Military Intervention in Hungary, 1956. New York: Central European University Press. p. 370. ISBN 963-9116-35-1.
  2. UN General Assembly Special Committee on the Problem of Hungary (1957) "Chapter V, footnote 8" (PDF).
  3. "B&J": Jacob Bercovitch and Richard Jackson, International Conflict : A Chronological Encyclopedia of Conflicts and Their Management 1945–1995 (1997) bl. 85
  4. Alternatiewe name vir dié rewolusie is Hongaarse Opstand en Hongaarse Rebellie; die eerste term het die woord felkelés ("opstand" gebruik); in die Kommunistiese tydperk van 1957–1988 was die term wat gebruik is Ellenforradalom (Teenrevolusie); en sedert 1990 is die amptelike term vir die Hongaarse Revolusie die frase: Forradalom és szabadságharc (Revolusie en die stryd om vryheid), wat die Hongaarse Revolusie van 1848 oproep. Terwyl die Engelse revolution ooreenstem met die Hongaarse forradalom (US State Dept. agtergrond oor Hongarye) op taalkundige gebied, onderskei die Oxford English Dictionary tussen 'n rewolusie, wat 'n regering afsit, en 'n gewapende opstand, wat kan misluk of slaag.
  5. "Hungarian Revolt of 1956", Dictionary of Wars(2007) Third Edition, George Childs Kohn, Ed. bl. 237–238.
  6. "50 Years Since the Hungarian Workers' Uprising". International Communist Current. Besoek op 4 September 2021.
  7. Niessen, James P. (11 Oktober 2016). "Hungarian Refugees of 1956: From the Border to Austria, Camp Kilmer, and Elsewhere". Hungarian Cultural Studies. 9: 122–136. doi:10.5195/AHEA.2016.261. ISSN 2471-965X.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search